Die Twaalf Apostels of Gewelberge is deel van die Tafelbergreeks wat oor Kampsbaai uitkyk. Die reeks strek oor 6 km, amper tot by Houtbaai.[1] Dit bestaan eintlik uit agttien[1] pieke en sluit die Sint Petrus-, Sint Paulus-, Sint Lukas- en Judaspiek in. Die gemiddelde hoogte bo seespieël van die Twaalf Apostels is 750 m, vergeleke met Tafelberg se 1 060 m.[1]
Die Twaalf Apostels is 'n gewilde bestemming vir stappers en bergklimmers.[1] Daar is altesame 26 staproetes op die gebergte, waarvan tien gereeld gebruik word.[1] Die gewildste roete is Kasteelspoort.[1]